Verpleging - Wikipedia
Verpleging is 'n beroep binne die gesondheidsorgsektor wat op die versorging van individue, gesinne en gemeenskappe fokus sodat hulle optimale gesondheid en lewenskwaliteit kan bekom, kan handhaaf of kan terugkry.. Verpleërs kan op grond van hulle benadering tot pasiëntesorg, opleiding en bestek van praktyk van ander gesondheidsorgverskaffers onderskei word.